DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2019)

Sondag, 30 Junie 2019

Hebreërs 4:16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Saterdag, 29 Junie 2019

Kolossense 3:14En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Vrydag, 28 Junie 2019

Psalm 63:4-5Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef.

Donderdag, 27 Junie 2019

Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Woensdag, 26 Junie 2019

1 Petrus 2:2En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.

Dinsdag, 25 Junie 2019

Spreuke 16:16Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

Maandag, 24 Junie 2019

Openbaring 3:19Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Sondag, 23 Junie 2019

MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Saterdag, 22 Junie 2019

Psalm 94:19As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig,
dan verkwik u vertroostinge my siel.

Vrydag, 21 Junie 2019

Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Donderdag, 20 Junie 2019

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Woensdag, 19 Junie 2019

Spreuke 11:3Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier,
maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

Dinsdag, 18 Junie 2019

Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Maandag, 17 Junie 2019

Johannes 1:3Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Sondag, 16 Junie 2019

Psalm 103:13Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Saterdag, 15 Junie 2019

Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.

Vrydag, 14 Junie 2019

Filippense 4:5Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Donderdag, 13 Junie 2019

Spreuke 13:20Gaan met die wyse om, dan word jy wys;
maar hy wat met dwase verkeer, versleg.

Woensdag, 12 Junie 2019

Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Dinsdag, 11 Junie 2019

Handelinge 4:12En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Maandag, 10 Junie 2019

Die loon van nederigheid is die vrees van die Here,
is rykdom en eer en die lewe.

Sondag, 09 Junie 2019

Handelinge 2:1-2EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Saterdag, 08 Junie 2019

Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Vrydag, 07 Junie 2019

As ek dink: My voet wankel —
dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!

Donderdag, 06 Junie 2019

1 Johannes 4:12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

Woensdag, 05 Junie 2019

Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.

Dinsdag, 04 Junie 2019

Om geregtigheid en reg te doen,
is vir die Here verkiesliker as offers.

Maandag, 03 Junie 2019

Romeine 13:8WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.

Sondag, 02 Junie 2019

1 Kronieke 29:11Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

Saterdag, 01 Junie 2019

Psalm 46:2God is vir ons 'n toevlug en sterkte;
as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk