DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2020)

Dinsdag, 31 Maart 2020

Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Maandag, 30 Maart 2020

Spreuke 13:12'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.

Sondag, 29 Maart 2020

1 Johannes 5:21My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.

Saterdag, 28 Maart 2020

1 Petrus 1:3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.

Vrydag, 27 Maart 2020

Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
wat sy sake volgens reg besorg.

Donderdag, 26 Maart 2020

Johannes 11:40Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?

Woensdag, 25 Maart 2020

WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

Dinsdag, 24 Maart 2020

Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.

Maandag, 23 Maart 2020

1 Korintiërs 13:3En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Sondag, 22 Maart 2020

Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Saterdag, 21 Maart 2020

Jeremia 17:14Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
verlos my, dan sal ek verlos word;
want U is my lof.

Vrydag, 20 Maart 2020

Lukas 12:32Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Donderdag, 19 Maart 2020

2 Korintiërs 5:1WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

Woensdag, 18 Maart 2020

Psalm 33:18Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees,
op die wat op sy goedertierenheid wag.

Dinsdag, 17 Maart 2020

Jakobus 4:2Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.

Maandag, 16 Maart 2020

Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

Sondag, 15 Maart 2020

Spreuke 11:13Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

Saterdag, 14 Maart 2020

Openbaring 22:20Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

Vrydag, 13 Maart 2020

En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.

Donderdag, 12 Maart 2020

Psalm 149:4Want die Here het 'n welbehae in sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil.

Woensdag, 11 Maart 2020

Filippense 4:8Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Dinsdag, 10 Maart 2020

Openbaring 22:12En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Maandag, 09 Maart 2020

Psalm 118:5Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
die Here het my verhoor in die ruimte.

Sondag, 08 Maart 2020

Matteus 6:34Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Saterdag, 07 Maart 2020

Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Vrydag, 06 Maart 2020

Spreuke 11:18Die goddelose behaal oneerlike wins,
maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.

Donderdag, 05 Maart 2020

Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

Woensdag, 04 Maart 2020

Hebreërs 6:10Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Dinsdag, 03 Maart 2020

Psalm 19:15Laat die woorde van my mond
en die oordenking van my hart
welbehaaglik wees voor u aangesig,
o Here, my rots en my verlosser!

Maandag, 02 Maart 2020

Jesaja 54:17Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie;
en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.
Dit is die erfdeel van die knegte van die Here
en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.

Sondag, 01 Maart 2020

Matteus 16:18En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk