DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Romeine 8

  • DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
  • Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
  • Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.
  • En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
  • En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
  • Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
  • Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
  • Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
  • WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
  • Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
  • Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
  • En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
  • En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
  • En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
  • WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
  • Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
  • Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
  • Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
  • Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk