DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Seën (3/4)

  • En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?
  • Dood en lewe is in die mag van die tong;
    en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
  • Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is,
    die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
  • Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
  • Salig is die wat treur,
    want hulle sal vertroos word.
  • GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.
  • Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.
  • En Hy bewaar hulp vir die opregtes,
    Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel.
  • Laat u aangesig skyn oor u kneg,
    verlos my deur u goedertierenheid.
  • Want U seën die regverdige, o Here,
    U omring hom met welbehae soos met 'n skild.
  • Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
  • Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
    dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
  • Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
    maar die naam van die goddelose vergaan.
  • As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
  • EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
  • Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
    wie se sonde bedek is.
  • As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
  • Wat is die mens dat U aan hom dink,
    en die mensekind dat U hom besoek?
  • Ag, Here, gee tog heil;
    ag, Here, gee tog voorspoed!
    Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!
    Ons seën julle uit die huis van die Here.
  • KYK, gelukkig is die man wat God kasty;
    verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
  • En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
  • Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
  • En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
  • En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
  • En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.

En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk