DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Sonde (3/5)

  • Geregtigheid verhoog 'n volk,
    maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
  • Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
  • Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
  • Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
  • By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
    maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
  • Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
  • Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
    ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
    die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
    en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
  • Ek het u woord in my hart gebêre,
    dat ek teen U nie sal sondig nie.
  • Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
    hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
  • Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
  • Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
  • En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
  • Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
  • Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
  • Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
  • Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
    maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
  • Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
    en jou sondes soos 'n wolk;
    keer terug na My, want Ek het jou verlos.
  • EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
  • OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.
  • Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
  • Wie is 'n God soos U,
    wat die ongeregtigheid vergewe
    en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
    Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
    maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
  • Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
  • In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.
  • DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
  • Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.

Die goddelose behaal oneerlike wins,
maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk