- Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
- Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon! - Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
- Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid. - Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
- Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
- Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. - En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
- Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. - Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
- Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God! - Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
- Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe. - Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens. - En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
- Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. - Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
- Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
- En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
- GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.
- Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
- MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
- En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
- Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
- Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!
'n Oorsig van die 100 gewildste Bybelverse op DailyVerses.net.






