- Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.
- Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
- En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
- En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
- Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
- Mag Hy u gee na u hart
en al u voornemens vervul! - En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
- As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie. - Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou. - Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
- Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
- Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
- Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
- Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
- En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
- Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
- Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
- En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
- En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
- Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
- Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
- Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. - VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.
- Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
- Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
'n Oorsig van die 100 gewildste Bybelverse op DailyVerses.net.
Bybelvers van die dag
Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.Willekeurig Bybelvers
Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.Volgende vers!Met beeld