DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Lewe (3/6)

  • Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.
  • En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
  • Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
  • So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.
  • Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
    want deur hulle het U my lewend gemaak.
  • Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.
  • As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
  • Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.
  • Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
  • Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
    maar die einde daarvan is weë van die dood.
  • Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.
  • Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
  • Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
  • STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
  • Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
  • Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
  • Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
    maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
  • Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
  • EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
  • Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
  • Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
  • Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
  • Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
  • EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie.
  • Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie.

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Willekeurig Bybelvers

Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk