- Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
- WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
- Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
- Wie verstand verkry, het sy lewe lief;
hy wat insig bewaar, sal die goeie vind. - Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
- Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
- Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.
- Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees. - Kyk, God is my helper.
Dit is die Here wat my siel ondersteun. - Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
- WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
- Bedrieglik is die hart bo alle dinge,
ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Ek, die Here, deursoek die hart,
toets die niere,
om aan elkeen te gee na sy weë,
volgens die vrug van sy handelinge. - MY seun, vergeet my onderwysing nie,
en laat jou hart my gebooie bewaar;
want dit sal lengte van dae en jare van lewe
en vrede vir jou vermeerder. - Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
- ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
- Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
- Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
- Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef. - Maak die pad van jou voet gelyk,
en laat al jou weë vas wees. - Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
- As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
- U sal my die pad van die lewe bekend maak;
versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig. - 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. - En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
- Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Bybelvers van die dag
Ek is vrolik in die weg van u getuienissesoos oor allerhande rykdom.
Willekeurig Bybelvers
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimteen bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.Volgende vers!Met beeld






