- Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
- En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
- Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
- Want so sê die Here aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
- Want so sê die Hoë en Verhewene
wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam:
Ek woon in die hoogte en in die heilige plek
en by die verbryselde en nederige van gees,
om te laat herlewe die gees van die nederiges
en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. - Leer my, Here, u weg:
ek sal in u waarheid wandel;
verenig my hart tot die vrees van u Naam. - Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
- Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word. - Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie. - Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
die wêreld en die wat daarin woon. - Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
- En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
- Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
- Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.
- Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die Here God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
- Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
- WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel. - DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
- Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.
- Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
- Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.
- Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
- Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.
Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. - IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug.
- Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.






