- Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
- En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
- Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
- Want so sê die Hoë en Verhewene
wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam:
Ek woon in die hoogte en in die heilige plek
en by die verbryselde en nederige van gees,
om te laat herlewe die gees van die nederiges
en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. - Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word. - Want so sê die Here aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
- Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
- Leer my, Here, u weg:
ek sal in u waarheid wandel;
verenig my hart tot die vrees van u Naam. - Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
die wêreld en die wat daarin woon. - En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
- Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie. - Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
- Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.
- Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
- Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
- WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel. - Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.
- Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
- DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
- Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.
- Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
- IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug.
- Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
- Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
- Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.
Bybelvers van die dag
Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.Willekeurig Bybelvers
Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?Deur dit te hou na u woord.Volgende vers!Met beeld






