DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2012)

Maandag, 31 Desember 2012

En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Sondag, 30 Desember 2012

'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
en hoe goed is 'n woord op sy tyd!

Saterdag, 29 Desember 2012

EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.

Vrydag, 28 Desember 2012

Die Here is goed en reg;
daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
Hy sal die ootmoediges lei in die reg
en die ootmoediges sy weg leer.

Donderdag, 27 Desember 2012

EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.

Woensdag, 26 Desember 2012

Niemand is heilig soos die Here nie;
ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie.

Dinsdag, 25 Desember 2012

Dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

Maandag, 24 Desember 2012

TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Sondag, 23 Desember 2012

O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

Saterdag, 22 Desember 2012

Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Vrydag, 21 Desember 2012

Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

Donderdag, 20 Desember 2012

Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Woensdag, 19 Desember 2012

Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

Dinsdag, 18 Desember 2012

Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier,
maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

Maandag, 17 Desember 2012

Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Sondag, 16 Desember 2012

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Saterdag, 15 Desember 2012

IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Bybelvers van die dag

Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk