DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2013)

Donderdag, 31 Januarie 2013

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Woensdag, 30 Januarie 2013

My boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

Dinsdag, 29 Januarie 2013

En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

Maandag, 28 Januarie 2013

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Sondag, 27 Januarie 2013

Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig!
om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

Saterdag, 26 Januarie 2013

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Vrydag, 25 Januarie 2013

Een ding het ek van die Here begeer,
dit sal ek soek:
dat ek al die dae van my lewe
mag woon in die huis van die Here,
om die lieflikheid van die Here te aanskou
en te ondersoek in sy tempel.

Donderdag, 24 Januarie 2013

Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

Woensdag, 23 Januarie 2013

Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Dinsdag, 22 Januarie 2013

Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

Maandag, 21 Januarie 2013

Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie,
maar geregtigheid red van die dood.

Sondag, 20 Januarie 2013

Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

Saterdag, 19 Januarie 2013

HALLELUJA!
Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.

Vrydag, 18 Januarie 2013

En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Donderdag, 17 Januarie 2013

Goed wat uit niks verkry is, word minder;
maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

Woensdag, 16 Januarie 2013

DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Dinsdag, 15 Januarie 2013

Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
wat sy sake volgens reg besorg.

Maandag, 14 Januarie 2013

Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Sondag, 13 Januarie 2013

Die Here is my lig en my heil:
vir wie sou ek vrees?
Die Here is die toevlug van my lewe:
vir wie sou ek vervaard wees?

Saterdag, 12 Januarie 2013

Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Vrydag, 11 Januarie 2013

Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

Donderdag, 10 Januarie 2013

Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Woensdag, 09 Januarie 2013

En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.

Dinsdag, 08 Januarie 2013

Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

Maandag, 07 Januarie 2013

Want hy sal nooit wankel nie;
die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

Sondag, 06 Januarie 2013

Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Saterdag, 05 Januarie 2013

BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

Vrydag, 04 Januarie 2013

Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Donderdag, 03 Januarie 2013

So sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Woensdag, 02 Januarie 2013

Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit. En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.

Dinsdag, 01 Januarie 2013

In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk