DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Februarie 2013)

Donderdag, 28 Februarie 2013

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Woensdag, 27 Februarie 2013

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
en óns smarte — dié het Hy gedra;
maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
deur God geslaan en verdruk was.

Dinsdag, 26 Februarie 2013

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Maandag, 25 Februarie 2013

Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

Sondag, 24 Februarie 2013

Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Saterdag, 23 Februarie 2013

Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Vrydag, 22 Februarie 2013

Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Donderdag, 21 Februarie 2013

Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

Woensdag, 20 Februarie 2013

MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.

Dinsdag, 19 Februarie 2013

Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen?

Maandag, 18 Februarie 2013

Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie,
sodat julle kan lewe
en die Here, die God van die leërskare,
só met julle kan wees soos julle sê.

Sondag, 17 Februarie 2013

DAAROM, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

Saterdag, 16 Februarie 2013

Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
en wat vra die Here van jou
anders as om reg te doen en liefde te betrag
en ootmoedig te wandel met jou God?

Vrydag, 15 Februarie 2013

WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Donderdag, 14 Februarie 2013

Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Woensdag, 13 Februarie 2013

Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

Dinsdag, 12 Februarie 2013

Of kan iemand op gloeiende kole loop
sonder dat sy voete brandwonde kry?

Maandag, 11 Februarie 2013

Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.

Sondag, 10 Februarie 2013

Sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.

Saterdag, 09 Februarie 2013

God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Vrydag, 08 Februarie 2013

Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Donderdag, 07 Februarie 2013

Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou
en sy hemelgewelf bo die aarde vestig,
wat die waters van die see roep
en dit uitgiet oor die aardbodem,
Here is sy Naam!

Woensdag, 06 Februarie 2013

Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Dinsdag, 05 Februarie 2013

Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

Maandag, 04 Februarie 2013

EN neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

Sondag, 03 Februarie 2013

Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Saterdag, 02 Februarie 2013

Planne misluk sonder beraadslaging,
maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

Vrydag, 01 Februarie 2013

En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk