DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2013)

Sondag, 31 Maart 2013

Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het.

Saterdag, 30 Maart 2013

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.

Vrydag, 29 Maart 2013

Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom; en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!

Donderdag, 28 Maart 2013

Die goed van die ryke is sy sterk stad
en soos 'n steil muur in sy verbeelding.

Woensdag, 27 Maart 2013

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Dinsdag, 26 Maart 2013

Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Maandag, 25 Maart 2013

Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

Sondag, 24 Maart 2013

En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

Saterdag, 23 Maart 2013

Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Vrydag, 22 Maart 2013

My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Donderdag, 21 Maart 2013

Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

Woensdag, 20 Maart 2013

Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

Dinsdag, 19 Maart 2013

En sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.

Maandag, 18 Maart 2013

Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
maar geregtigheid red van die dood.

Sondag, 17 Maart 2013

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Saterdag, 16 Maart 2013

Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou.

Vrydag, 15 Maart 2013

Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

Donderdag, 14 Maart 2013

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Woensdag, 13 Maart 2013

Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

Dinsdag, 12 Maart 2013

Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Maandag, 11 Maart 2013

Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.

Sondag, 10 Maart 2013

Want Hy weet hoe my wandel is;
as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.

Saterdag, 09 Maart 2013

Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.

Vrydag, 08 Maart 2013

Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.

Donderdag, 07 Maart 2013

Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.

Woensdag, 06 Maart 2013

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Dinsdag, 05 Maart 2013

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.

Maandag, 04 Maart 2013

En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.

Sondag, 03 Maart 2013

EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.

Saterdag, 02 Maart 2013

Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
en wie se vertroue die Here is.
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
en sy wortels uitskiet by die stroom
en nie vrees as daar hitte kom nie,
maar sy blad bly groen;
en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
en hou nie op om vrugte te dra nie.

Vrydag, 01 Maart 2013

Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk