DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2013)

Dinsdag, 30 April 2013

Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

Maandag, 29 April 2013

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

Sondag, 28 April 2013

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Saterdag, 27 April 2013

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Vrydag, 26 April 2013

Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.

Donderdag, 25 April 2013

Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.

Woensdag, 24 April 2013

Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

Dinsdag, 23 April 2013

Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Maandag, 22 April 2013

Ek het Hom aangeroep met my mond,
en lofgesang was onder my tong.

Sondag, 21 April 2013

Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

Saterdag, 20 April 2013

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Vrydag, 19 April 2013

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Donderdag, 18 April 2013

Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

Woensdag, 17 April 2013

VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

Dinsdag, 16 April 2013

Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.

Maandag, 15 April 2013

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Sondag, 14 April 2013

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Saterdag, 13 April 2013

Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Vrydag, 12 April 2013

Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Donderdag, 11 April 2013

Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

Woensdag, 10 April 2013

Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered.

Dinsdag, 09 April 2013

Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Maandag, 08 April 2013

Ook dit kom van die Here van die leërskare:
Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

Sondag, 07 April 2013

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Saterdag, 06 April 2013

En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Vrydag, 05 April 2013

By God is my heil en my eer;
die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Donderdag, 04 April 2013

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Woensdag, 03 April 2013

Want 'n Kind is vir ons gebore,
'n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer,
en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman,
Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.

Dinsdag, 02 April 2013

U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.

Maandag, 01 April 2013

Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk