DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2013)

Vrydag, 31 Mei 2013

EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

Donderdag, 30 Mei 2013

Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.

Woensdag, 29 Mei 2013

Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.

Dinsdag, 28 Mei 2013

Want wie is God buiten die Here,
en wie is 'n rots behalwe onse God?

Maandag, 27 Mei 2013

Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil.

Sondag, 26 Mei 2013

Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

Saterdag, 25 Mei 2013

Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Vrydag, 24 Mei 2013

Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.

Donderdag, 23 Mei 2013

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

Woensdag, 22 Mei 2013

Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.

Dinsdag, 21 Mei 2013

Wie het ek buiten U in die hemel?
Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

Maandag, 20 Mei 2013

Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Sondag, 19 Mei 2013

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.

Saterdag, 18 Mei 2013

En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Vrydag, 17 Mei 2013

Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte.

Donderdag, 16 Mei 2013

Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

Woensdag, 15 Mei 2013

Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

Dinsdag, 14 Mei 2013

Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos.

Maandag, 13 Mei 2013

Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Sondag, 12 Mei 2013

Wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.

Saterdag, 11 Mei 2013

MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

Vrydag, 10 Mei 2013

WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.

Donderdag, 09 Mei 2013

Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Woensdag, 08 Mei 2013

Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Dinsdag, 07 Mei 2013

Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

Maandag, 06 Mei 2013

Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Sondag, 05 Mei 2013

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Saterdag, 04 Mei 2013

In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.

Vrydag, 03 Mei 2013

Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Donderdag, 02 Mei 2013

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Woensdag, 01 Mei 2013

Waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk