DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2013)

Sondag, 30 Junie 2013

Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen?

Saterdag, 29 Junie 2013

Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

Vrydag, 28 Junie 2013

GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

Donderdag, 27 Junie 2013

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Woensdag, 26 Junie 2013

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Dinsdag, 25 Junie 2013

Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Maandag, 24 Junie 2013

Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

Sondag, 23 Junie 2013

En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.

Saterdag, 22 Junie 2013

En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Vrydag, 21 Junie 2013

Mag Hy u gee na u hart
en al u voornemens vervul!

Donderdag, 20 Junie 2013

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Woensdag, 19 Junie 2013

Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

Dinsdag, 18 Junie 2013

Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Maandag, 17 Junie 2013

Maar die goedertierenheid van die Here is
van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees,
en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou
en aan sy bevele dink om dié te doen.

Sondag, 16 Junie 2013

Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

Saterdag, 15 Junie 2013

Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Vrydag, 14 Junie 2013

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Donderdag, 13 Junie 2013

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Woensdag, 12 Junie 2013

Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

Dinsdag, 11 Junie 2013

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Maandag, 10 Junie 2013

EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.

Sondag, 09 Junie 2013

Omdat jy kostelik is in my oë,
hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.

Saterdag, 08 Junie 2013

Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel.

Vrydag, 07 Junie 2013

Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Donderdag, 06 Junie 2013

Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Woensdag, 05 Junie 2013

Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Dinsdag, 04 Junie 2013

Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.

Maandag, 03 Junie 2013

Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe — maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Sondag, 02 Junie 2013

Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.

Saterdag, 01 Junie 2013

Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk