DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2013)

Woensdag, 31 Julie 2013

En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

Dinsdag, 30 Julie 2013

Here, maak my u weë bekend;
leer my u paaie.

Maandag, 29 Julie 2013

Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

Sondag, 28 Julie 2013

Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.

Saterdag, 27 Julie 2013

Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.

Vrydag, 26 Julie 2013

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Donderdag, 25 Julie 2013

Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.

Woensdag, 24 Julie 2013

Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.

Dinsdag, 23 Julie 2013

En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.

Maandag, 22 Julie 2013

Die vader van 'n regverdige juig baie;
en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

Sondag, 21 Julie 2013

Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
is God in sy heilige woning.

Saterdag, 20 Julie 2013

Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

Vrydag, 19 Julie 2013

Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.

Donderdag, 18 Julie 2013

En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.

Woensdag, 17 Julie 2013

Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

Dinsdag, 16 Julie 2013

'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

Maandag, 15 Julie 2013

Laat staan en weet dat Ek God is;
Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Sondag, 14 Julie 2013

En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Saterdag, 13 Julie 2013

Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Vrydag, 12 Julie 2013

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

Donderdag, 11 Julie 2013

Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Woensdag, 10 Julie 2013

Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus.

Dinsdag, 09 Julie 2013

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Maandag, 08 Julie 2013

Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!

Sondag, 07 Julie 2013

En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Saterdag, 06 Julie 2013

Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Vrydag, 05 Julie 2013

MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Donderdag, 04 Julie 2013

En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

Woensdag, 03 Julie 2013

Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.

Dinsdag, 02 Julie 2013

Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

Maandag, 01 Julie 2013

DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk