DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2013)

Saterdag, 31 Augustus 2013

Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

Vrydag, 30 Augustus 2013

Want hy wat my vind, het die lewe gevind
en verkry 'n welbehae van die Here.

Donderdag, 29 Augustus 2013

As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Woensdag, 28 Augustus 2013

Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

Dinsdag, 27 Augustus 2013

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Maandag, 26 Augustus 2013

Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Sondag, 25 Augustus 2013

En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Saterdag, 24 Augustus 2013

Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

Vrydag, 23 Augustus 2013

Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.

Donderdag, 22 Augustus 2013

Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

Woensdag, 21 Augustus 2013

En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Dinsdag, 20 Augustus 2013

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam,
maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.

Maandag, 19 Augustus 2013

Wie verstand verkry, het sy lewe lief;
hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

Sondag, 18 Augustus 2013

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Saterdag, 17 Augustus 2013

Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Vrydag, 16 Augustus 2013

En laat die lieflikheid van die Here onse God oor ons wees,
en bevestig die werk van ons hande oor ons,
ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

Donderdag, 15 Augustus 2013

Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Woensdag, 14 Augustus 2013

Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Dinsdag, 13 Augustus 2013

Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Maandag, 12 Augustus 2013

En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Sondag, 11 Augustus 2013

Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Saterdag, 10 Augustus 2013

KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.

Vrydag, 09 Augustus 2013

Die Almagtige — ons vind Hom nie;
Hy is groot van krag,
maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

Donderdag, 08 Augustus 2013

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Woensdag, 07 Augustus 2013

Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Dinsdag, 06 Augustus 2013

Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

Maandag, 05 Augustus 2013

Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

Sondag, 04 Augustus 2013

Here, voor U is al my begeertes,
en my gesug is vir U nie verborge nie.

Saterdag, 03 Augustus 2013

Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
jou mure is gedurig voor My.

Vrydag, 02 Augustus 2013

OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.

Donderdag, 01 Augustus 2013

IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk