DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2013)

Maandag, 30 September 2013

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Sondag, 29 September 2013

Die loon van nederigheid is die vrees van die Here,
is rykdom en eer en die lewe.

Saterdag, 28 September 2013

My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem.

Vrydag, 27 September 2013

Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Donderdag, 26 September 2013

Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Woensdag, 25 September 2013

Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.

Dinsdag, 24 September 2013

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Maandag, 23 September 2013

As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

Sondag, 22 September 2013

En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

Saterdag, 21 September 2013

Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.

Vrydag, 20 September 2013

In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Donderdag, 19 September 2013

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Woensdag, 18 September 2013

By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

Dinsdag, 17 September 2013

Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

Maandag, 16 September 2013

Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

Sondag, 15 September 2013

Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

Saterdag, 14 September 2013

MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Vrydag, 13 September 2013

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Donderdag, 12 September 2013

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

Woensdag, 11 September 2013

Want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

Dinsdag, 10 September 2013

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Maandag, 09 September 2013

HOE lieflik is op die berge die voete van hom
wat die goeie boodskap bring,
wat vrede laat hoor,
wat goeie tyding bring,
wat verlossing uitroep;
wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

Sondag, 08 September 2013

Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Saterdag, 07 September 2013

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Vrydag, 06 September 2013

As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.

Donderdag, 05 September 2013

Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

Woensdag, 04 September 2013

Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.

Dinsdag, 03 September 2013

Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

Maandag, 02 September 2013

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Sondag, 01 September 2013

Ú, Here, sit vir ewig,
u troon is van geslag tot geslag.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk