DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Jesus (3/8)

  • Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.
  • En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
  • Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
  • Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
  • Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
  • Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
  • En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
  • Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.
  • Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
  • Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos.
  • Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
  • Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.
  • As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is.
  • Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
  • Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
  • Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!
  • En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
  • Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
  • Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus.
  • Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
  • Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
  • En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
  • Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.
  • En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.

Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
Lees meer...

Bybelvers van die dag

'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk