DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Liefde (5/5)

  • ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.
  • En skeur julle hart en nie julle klere nie,
    en bekeer julle tot die Here julle God;
    want Hy is genadig en barmhartig,
    lankmoedig en groot van goedertierenheid,
    en Een wat berou het oor die onheil.
  • As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
    maar aan u Naam gee eer,
    om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
  • HALLELUJA!
    Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
    wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
  • Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
  • Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
    en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
    maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
    omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
  • En om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
  • En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid;
    want U vergeld elkeen na sy werk.
  • Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

Bybelvers van die dag

AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

Willekeurig Bybelvers

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk