- En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
- Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
- Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
- Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered.
- My seun, verag die tug van die Here nie,
en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het. - Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
- Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.
- Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
- Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
- Hy het geregtigheid en reg lief;
die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here. - Dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus.
- En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
- Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.
- Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
- Een ding het ek van die Here begeer,
dit sal ek soek:
dat ek al die dae van my lewe
mag woon in die huis van die Here,
om die lieflikheid van die Here te aanskou
en te ondersoek in sy tempel. - Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
- Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
- En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
- En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
- Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
- Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid. - Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
- Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees. - U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie;
laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed. - ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.
Bybelvers van die dag
Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.Willekeurig Bybelvers
Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,almal wat op die Here wag!Volgende vers!Met beeld