DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Liefde (3/5)

  • Barmhartig en genadig is die Here,
    lankmoedig en groot van goedertierenheid.
  • Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
    en in die nag sal sy lied by my wees,
    'n gebed tot die God van my lewe.
  • En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
  • En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
  • Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
  • Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
    my lippe moet U prys.
    Só sal ek U prys my lewe lank,
    in u Naam my hande ophef.
  • Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
  • En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.
  • Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.
  • As ek dink: My voet wankel —
    dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!
  • Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
  • DIE broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
  • En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
  • Want berge mag wyk en heuwels wankel,
    maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk
    en my vredeverbond nie wankel nie,
    sê die Here, jou Ontfermer.
  • GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
  • Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
  • 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
  • As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
  • Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele
    en u trou tot by die wolke.
  • Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
  • Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
    en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
  • Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
  • Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered.
  • En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
  • Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk