DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Ewige lewe (2/2)

  • Want die Here het die reg lief
    en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
    vir ewig word hulle bewaar,
    maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
  • Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
  • Dit is 'n betroubare woord;
    want as ons met Hom gesterf het,
    sal ons ook met Hom lewe.
  • Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.
  • Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
  • WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
  • Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
    hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
  • Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
  • Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
  • En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
  • O My God, o Koning, ek wil U verhoog
    en u Naam loof vir ewig en altyd.
  • Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
  • En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.
  • En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword.
  • En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
  • En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
  • Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die Here God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.

Bybelvers van die dag

Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk