DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2014)

Donderdag, 31 Julie 2014

Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.

Woensdag, 30 Julie 2014

O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!

Dinsdag, 29 Julie 2014

Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Maandag, 28 Julie 2014

BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,
en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.

Sondag, 27 Julie 2014

As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

Saterdag, 26 Julie 2014

Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind
en 'n welgevalle van die Here verkry.

Vrydag, 25 Julie 2014

Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Donderdag, 24 Julie 2014

Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid.

Woensdag, 23 Julie 2014

Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Dinsdag, 22 Julie 2014

Seëninge is daar op die hoof van die regverdige,
maar die mond van die goddelose verberg geweld.

Maandag, 21 Julie 2014

Want die Here het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.

Sondag, 20 Julie 2014

Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

Saterdag, 19 Julie 2014

WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

Vrydag, 18 Julie 2014

'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem;
maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

Donderdag, 17 Julie 2014

Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.

Woensdag, 16 Julie 2014

MY seun, vergeet my onderwysing nie,
en laat jou hart my gebooie bewaar;
want dit sal lengte van dae en jare van lewe
en vrede vir jou vermeerder.

Dinsdag, 15 Julie 2014

En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.

Maandag, 14 Julie 2014

Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek.

Sondag, 13 Julie 2014

Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

Saterdag, 12 Julie 2014

Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

Vrydag, 11 Julie 2014

En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.

Donderdag, 10 Julie 2014

En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Woensdag, 09 Julie 2014

Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Dinsdag, 08 Julie 2014

Maak jou mond oop vir die stomme,
vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

Maandag, 07 Julie 2014

As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Sondag, 06 Julie 2014

En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

Saterdag, 05 Julie 2014

Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Vrydag, 04 Julie 2014

Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Donderdag, 03 Julie 2014

Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Woensdag, 02 Julie 2014

Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Dinsdag, 01 Julie 2014

Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk