DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2014)

Maandag, 30 Junie 2014

Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.

Sondag, 29 Junie 2014

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Saterdag, 28 Junie 2014

Vertrou op die Here, en doen wat goed is;
bewoon die aarde en beoefen getrouheid.

Vrydag, 27 Junie 2014

En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

Donderdag, 26 Junie 2014

Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Woensdag, 25 Junie 2014

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Dinsdag, 24 Junie 2014

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Maandag, 23 Junie 2014

Wie het dit gedoen en tot stand gebring?
Hy wat die geslagte roep van die begin af;
Ek, die Here, die Eerste,
en by die laaste is Ek dieselfde.

Sondag, 22 Junie 2014

Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
maar die naam van die goddelose vergaan.

Saterdag, 21 Junie 2014

Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Vrydag, 20 Junie 2014

'n Klein bietjie is vir die regverdige beter
as die rykdom van baie goddelose;
want die arms van die goddelose sal verbreek word,
maar die Here ondersteun die regverdiges.

Donderdag, 19 Junie 2014

WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

Woensdag, 18 Junie 2014

En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Dinsdag, 17 Junie 2014

En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.

Maandag, 16 Junie 2014

En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag
om julle genadig te wees,
en daarom sal Hy Hom verhef
om Hom oor julle te ontferm;
want die Here is 'n God van die gerig.
Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

Sondag, 15 Junie 2014

En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Saterdag, 14 Junie 2014

Die Here sal dit vir my voleindig!
U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid:
laat nie vaar die werke van u hande nie!

Vrydag, 13 Junie 2014

Die Here sal jou seën en jou behoed;
die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Donderdag, 12 Junie 2014

Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.

Woensdag, 11 Junie 2014

Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

Dinsdag, 10 Junie 2014

God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Maandag, 09 Junie 2014

EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

Sondag, 08 Junie 2014

Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Saterdag, 07 Junie 2014

Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

Vrydag, 06 Junie 2014

Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Donderdag, 05 Junie 2014

Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Woensdag, 04 Junie 2014

En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

Dinsdag, 03 Junie 2014

Ek het die weg van waarheid verkies;
u verordeninge het ek voor my gestel.

Maandag, 02 Junie 2014

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Sondag, 01 Junie 2014

'n Man van valse streke saai tweedrag,
en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Die hart van die mens dink sy weg uit,
maar die Here rig sy voetstappe.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk