DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2014)

Saterdag, 31 Mei 2014

U, God van my vaders, loof en prys ek,
want U het my wysheid en krag verleen,
en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.

Vrydag, 30 Mei 2014

Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

Donderdag, 29 Mei 2014

En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Woensdag, 28 Mei 2014

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

Dinsdag, 27 Mei 2014

Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is.

Maandag, 26 Mei 2014

Die goddelose behaal oneerlike wins,
maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.

Sondag, 25 Mei 2014

Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Saterdag, 24 Mei 2014

Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word.

Vrydag, 23 Mei 2014

WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel.

Donderdag, 22 Mei 2014

Dood en lewe is in die mag van die tong;
en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Woensdag, 21 Mei 2014

Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

Dinsdag, 20 Mei 2014

Maar laat die reg aanrol soos watergolwe,
en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.

Maandag, 19 Mei 2014

Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Sondag, 18 Mei 2014

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord.

Saterdag, 17 Mei 2014

En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Vrydag, 16 Mei 2014

Salig is die wat treur,
want hulle sal vertroos word.

Donderdag, 15 Mei 2014

Wie is 'n God soos U,
wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.

Woensdag, 14 Mei 2014

Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
want hulle sal versadig word.

Dinsdag, 13 Mei 2014

Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig,
maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Maandag, 12 Mei 2014

Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

Sondag, 11 Mei 2014

Vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Saterdag, 10 Mei 2014

En toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gemeen dat dit 'n spook was en hard uitgeskreeu; want hulle het Hom almal gesien en was ontsteld. Toe spreek Hy dadelik met hulle en sê vir hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie.

Vrydag, 09 Mei 2014

Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het, om die Here julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.

Donderdag, 08 Mei 2014

Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.

Woensdag, 07 Mei 2014

Ja, my siel is stil tot God;
van Hom is my heil.

Dinsdag, 06 Mei 2014

AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

Maandag, 05 Mei 2014

En wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

Sondag, 04 Mei 2014

Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.

Saterdag, 03 Mei 2014

Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

Vrydag, 02 Mei 2014

Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Donderdag, 01 Mei 2014

LOOF die Here, roep sy Naam aan,
maak onder die volke sy dade bekend.

Bybelvers van die dag

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk