DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2015)

Vrydag, 31 Julie 2015

WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

Donderdag, 30 Julie 2015

Psalm 124:8Ons hulp is in die Naam van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Woensdag, 29 Julie 2015

Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

Dinsdag, 28 Julie 2015

Ook dit kom van die Here van die leërskare:
Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

Maandag, 27 Julie 2015

Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen?

Sondag, 26 Julie 2015

Hebreërs 12:2Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Saterdag, 25 Julie 2015

Johannes 14:13En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Vrydag, 24 Julie 2015

Die Naam van die Here is 'n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut.

Donderdag, 23 Julie 2015

Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered.

Woensdag, 22 Julie 2015

Galasiërs 5:13Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

Dinsdag, 21 Julie 2015

Wag op die Here!
Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
Ja, wag op die Here!

Maandag, 20 Julie 2015

Johannes 7:38Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Sondag, 19 Julie 2015

Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

Saterdag, 18 Julie 2015

Psalm 119:36Neig my hart tot u getuienisse
en nie tot winsbejag nie.

Vrydag, 17 Julie 2015

Hebreërs 3:4Want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

Donderdag, 16 Julie 2015

Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Woensdag, 15 Julie 2015

Spreuke 1:7DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
sotte verag wysheid en tug.

Dinsdag, 14 Julie 2015

2 Korintiërs 8:12Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.

Maandag, 13 Julie 2015

VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

Sondag, 12 Julie 2015

Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.

Saterdag, 11 Julie 2015

Lukas 9:48En sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.

Vrydag, 10 Julie 2015

Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Donderdag, 09 Julie 2015

'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

Woensdag, 08 Julie 2015

Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Dinsdag, 07 Julie 2015

Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.

Maandag, 06 Julie 2015

Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Sondag, 05 Julie 2015

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Saterdag, 04 Julie 2015

Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Vrydag, 03 Julie 2015

Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak;
want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Donderdag, 02 Julie 2015

Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.

Woensdag, 01 Julie 2015

EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk