DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2015)

Maandag, 31 Augustus 2015

Romeine 5:7-8Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe — maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Sondag, 30 Augustus 2015

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Saterdag, 29 Augustus 2015

Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,
almal wat op die Here wag!

Vrydag, 28 Augustus 2015

Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
'n Ewige God is die Here,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

Donderdag, 27 Augustus 2015

Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

Woensdag, 26 Augustus 2015

Spreuke 16:32Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Dinsdag, 25 Augustus 2015

Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Maandag, 24 Augustus 2015

Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

Sondag, 23 Augustus 2015

Leer ons om ons dae so te tel
dat ons 'n wyse hart mag bekom!

Saterdag, 22 Augustus 2015

Matteus 10:29-31Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Vrydag, 21 Augustus 2015

En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Donderdag, 20 Augustus 2015

Spreuke 19:8Wie verstand verkry, het sy lewe lief;
hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

Woensdag, 19 Augustus 2015

Efesiërs 5:2En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.

Dinsdag, 18 Augustus 2015

Hebreërs 13:1-2DIE broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

Maandag, 17 Augustus 2015

Die vader van 'n regverdige juig baie;
en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

Sondag, 16 Augustus 2015

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Saterdag, 15 Augustus 2015

En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

Vrydag, 14 Augustus 2015

U sal my die pad van die lewe bekend maak;
versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Donderdag, 13 Augustus 2015

1 Korintiërs 15:3-4Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.

Woensdag, 12 Augustus 2015

Matteus 12:36Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

Dinsdag, 11 Augustus 2015

Spreuke 17:17Die vriend het altyd lief,
en die broer word gebore met die oog op die nood.

Maandag, 10 Augustus 2015

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Sondag, 09 Augustus 2015

KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.

Saterdag, 08 Augustus 2015

Psalm 24:1Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
die wêreld en die wat daarin woon.

Vrydag, 07 Augustus 2015

Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Donderdag, 06 Augustus 2015

Jesaja 40:8Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

Woensdag, 05 Augustus 2015

O Here, red my siel van die valse lippe,
van die bedrieglike tong!

Dinsdag, 04 Augustus 2015

In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.

Maandag, 03 Augustus 2015

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Saterdag, 01 Augustus 2015

1 Korintiërs 15:22Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk