DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2015)

Woensdag, 30 September 2015

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Dinsdag, 29 September 2015

Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.

Maandag, 28 September 2015

Psalm 34:9Smaak en sien dat die Here goed is;
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

Sondag, 27 September 2015

1 Johannes 2:2En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Saterdag, 26 September 2015

Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie;
en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.
Dit is die erfdeel van die knegte van die Here
en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.

Vrydag, 25 September 2015

Psalm 130:5Ek wag op die Here;
my siel wag, en ek hoop op sy woord.

Donderdag, 24 September 2015

En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Woensdag, 23 September 2015

Handelinge 13:47Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

Dinsdag, 22 September 2015

Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou.

Maandag, 21 September 2015

Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.

Sondag, 20 September 2015

Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.

Saterdag, 19 September 2015

Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

Vrydag, 18 September 2015

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Donderdag, 17 September 2015

Galasiërs 2:20Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Woensdag, 16 September 2015

En laat die lieflikheid van die Here onse God oor ons wees,
en bevestig die werk van ons hande oor ons,
ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

Dinsdag, 15 September 2015

Johannes 14:1LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

Maandag, 14 September 2015

Deuteronomium 30:16Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

Sondag, 13 September 2015

Psalm 37:4En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Saterdag, 12 September 2015

DIE Gees van die Here Here is op My,
omdat die Here My gesalf het
om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
en vir die geboeides opening van die gevangenis.

Vrydag, 11 September 2015

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Donderdag, 10 September 2015

Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Woensdag, 09 September 2015

En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Dinsdag, 08 September 2015

Jakobus 2:17Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Maandag, 07 September 2015

Spreuke 27:17Yster slyp yster,
so slyp die een mens die persoon van die ander.

Sondag, 06 September 2015

Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie,
sodat julle kan lewe
en die Here, die God van die leërskare,
só met julle kan wees soos julle sê.

Saterdag, 05 September 2015

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Vrydag, 04 September 2015

Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees,
wat in sy weë wandel!

Donderdag, 03 September 2015

Lukas 8:16EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.

Woensdag, 02 September 2015

1 Petrus 2:2En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.

Dinsdag, 01 September 2015

Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan.

Bybelvers van die dag

Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk