DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2015)

Saterdag, 31 Oktober 2015

Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

Vrydag, 30 Oktober 2015

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.

Donderdag, 29 Oktober 2015

1 Johannes 4:4Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

Woensdag, 28 Oktober 2015

'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.

Dinsdag, 27 Oktober 2015

Jesaja 60:1STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.

Maandag, 26 Oktober 2015

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Sondag, 25 Oktober 2015

Die hart van die mens dink sy weg uit,
maar die Here rig sy voetstappe.

Saterdag, 24 Oktober 2015

Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.

Vrydag, 23 Oktober 2015

Jesaja 45:9WEE hom wat met sy Formeerder twis — 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

Donderdag, 22 Oktober 2015

Want die Here gee wysheid,
uit sy mond kom kennis en verstand.

Woensdag, 21 Oktober 2015

Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

Dinsdag, 20 Oktober 2015

Matteus 28:19-20Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Maandag, 19 Oktober 2015

Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

Sondag, 18 Oktober 2015

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Saterdag, 17 Oktober 2015

EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Vrydag, 16 Oktober 2015

Ek brei my hande tot U uit;
my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

Donderdag, 15 Oktober 2015

En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.

Woensdag, 14 Oktober 2015

Jesaja 46:4En tot die ouderdom toe is Ék dieselfde,
ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra;
Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem,
en Ék sal dra en red.

Dinsdag, 13 Oktober 2015

Psalm 33:22Laat u goedertierenheid, Here,
oor ons wees net soos ons op U wag!

Maandag, 12 Oktober 2015

My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.

Sondag, 11 Oktober 2015

Romeine 1:17Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Saterdag, 10 Oktober 2015

Goed wat uit niks verkry is, word minder;
maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

Vrydag, 09 Oktober 2015

Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

Donderdag, 08 Oktober 2015

Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.

Woensdag, 07 Oktober 2015

Die seën van die Here — dit maak ryk,
en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

Dinsdag, 06 Oktober 2015

Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

Maandag, 05 Oktober 2015

En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Sondag, 04 Oktober 2015

Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom aanroep in waarheid.

Saterdag, 03 Oktober 2015

Filippense 1:29Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.

Vrydag, 02 Oktober 2015

En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

Donderdag, 01 Oktober 2015

Wie is dan tog die Erekoning?
Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk