DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2015)

Maandag, 30 November 2015

Psalm 38:10Here, voor U is al my begeertes,
en my gesug is vir U nie verborge nie.

Sondag, 29 November 2015

Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.

Saterdag, 28 November 2015

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Vrydag, 27 November 2015

Psalm 25:4Here, maak my u weë bekend;
leer my u paaie.

Donderdag, 26 November 2015

Romeine 8:28En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Woensdag, 25 November 2015

Romeine 15:7Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.

Dinsdag, 24 November 2015

'n Afgebreekte stad sonder muur,
so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.

Maandag, 23 November 2015

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.

Sondag, 22 November 2015

1 Johannes 4:8Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

Saterdag, 21 November 2015

Psalm 115:1NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Vrydag, 20 November 2015

En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Donderdag, 19 November 2015

Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

Woensdag, 18 November 2015

In enige moeitevolle arbeid is voordeel,
maar praatjies is net tot gebrek.

Dinsdag, 17 November 2015

IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Maandag, 16 November 2015

Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

Sondag, 15 November 2015

WELGELUKSALIG is die man
wat nie wandel in die raad van die goddelose
en nie staan op die weg van die sondaars
en nie sit in die kring van die spotters nie.

Saterdag, 14 November 2015

Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.

Vrydag, 13 November 2015

EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Donderdag, 12 November 2015

Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens.

Woensdag, 11 November 2015

En jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

Dinsdag, 10 November 2015

En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Maandag, 09 November 2015

Psalm 10:12Staan op, Here! o God, hef u hand op;
vergeet die ellendiges nie!

Sondag, 08 November 2015

Efesiërs 5:3Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.

Saterdag, 07 November 2015

En ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

Vrydag, 06 November 2015

Psalm 5:4In die môre, Here, sal U my stem hoor;
in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

Donderdag, 05 November 2015

Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Woensdag, 04 November 2015

Maleagi 3:10Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

Dinsdag, 03 November 2015

Psalm 118:8Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou.

Maandag, 02 November 2015

Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

Sondag, 01 November 2015

Galasiërs 6:1BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk