DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2015)

Donderdag, 31 Desember 2015

Romeine 11:33O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

Woensdag, 30 Desember 2015

Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Dinsdag, 29 Desember 2015

Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Maandag, 28 Desember 2015

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid;
'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.

Sondag, 27 Desember 2015

Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,
want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.

Saterdag, 26 Desember 2015

Johannes 3:17Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Vrydag, 25 Desember 2015

Lukas 2:11Dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

Donderdag, 24 Desember 2015

Spreuke 15:16Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here,
as 'n groot skat en onrus daarby.

Woensdag, 23 Desember 2015

Want 'n Kind is vir ons gebore,
'n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer,
en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman,
Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.

Dinsdag, 22 Desember 2015

Prediker 3:1ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.

Maandag, 21 Desember 2015

Spreuke 11:13Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

Sondag, 20 Desember 2015

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Saterdag, 19 Desember 2015

Genesis 1:29Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.

Vrydag, 18 Desember 2015

Psalm 27:4Een ding het ek van die Here begeer,
dit sal ek soek:
dat ek al die dae van my lewe
mag woon in die huis van die Here,
om die lieflikheid van die Here te aanskou
en te ondersoek in sy tempel.

Donderdag, 17 Desember 2015

Ek is baie bly in die Here,
my siel juig in my God;
want Hy het my beklee met die klere van heil,
my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

Woensdag, 16 Desember 2015

OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.

Dinsdag, 15 Desember 2015

Psalm 18:32Want wie is God buiten die Here,
en wie is 'n rots behalwe onse God?

Maandag, 14 Desember 2015

Jakobus 4:2Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.

Sondag, 13 Desember 2015

Jeremia 32:27Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

Saterdag, 12 Desember 2015

Spreuke 20:25Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig!
om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

Vrydag, 11 Desember 2015

Jakobus 3:2Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

Donderdag, 10 Desember 2015

Romeine 10:17Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Woensdag, 09 Desember 2015

Psalm 145:3Die Here is groot en baie lofwaardig,
en sy grootheid is ondeurgrondelik.

Dinsdag, 08 Desember 2015

Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

Maandag, 07 Desember 2015

Hebreërs 12:14Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Sondag, 06 Desember 2015

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam,
maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.

Saterdag, 05 Desember 2015

En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

Vrydag, 04 Desember 2015

Johannes 15:7As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

Donderdag, 03 Desember 2015

Spreuke 10:19By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

Woensdag, 02 Desember 2015

Jakobus 4:7Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Dinsdag, 01 Desember 2015

Johannes 20:29Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk