Sondag, 31 Januarie 2016
Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.Saterdag, 30 Januarie 2016
Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,maar geregtigheid red van die dood.
Vrydag, 29 Januarie 2016
Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.Donderdag, 28 Januarie 2016
En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.Woensdag, 27 Januarie 2016
Dinsdag, 26 Januarie 2016
Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Maandag, 25 Januarie 2016
Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.Sondag, 24 Januarie 2016
Vrydag, 22 Januarie 2016
Donderdag, 21 Januarie 2016
O Here, hoor my gebed;luister tog na my smekinge;
verhoor my in u trou, in u geregtigheid.