DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Februarie 2019)

Donderdag, 28 Februarie 2019

Spreuke 18:2Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word.

Woensdag, 27 Februarie 2019

Matteus 7:12Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Dinsdag, 26 Februarie 2019

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Maandag, 25 Februarie 2019

Psalm 25:5Lei my in u waarheid en leer my,
want U is die God van my heil.
U verwag ek die hele dag.

Sondag, 24 Februarie 2019

Eksodus 20:23Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.

Saterdag, 23 Februarie 2019

2 Timoteus 1:9Wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.

Vrydag, 22 Februarie 2019

Psalm 56:4Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

Donderdag, 21 Februarie 2019

1 Johannes 3:18My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Woensdag, 20 Februarie 2019

Omdat jy kostelik is in my oë,
hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.

Dinsdag, 19 Februarie 2019

Psalm 18:32Want wie is God buiten die Here,
en wie is 'n rots behalwe onse God?

Maandag, 18 Februarie 2019

Deuteronomium 6:6-7En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Sondag, 17 Februarie 2019

Romeine 15:13En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Saterdag, 16 Februarie 2019

Net goedheid en guns sal my volg
al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly
in lengte van dae.

Vrydag, 15 Februarie 2019

ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

Donderdag, 14 Februarie 2019

Galasiërs 5:14Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Woensdag, 13 Februarie 2019

Spreuke 12:24Die hand van die vlytiges sal heers,
maar traagheid lei tot dwangarbeid.

Dinsdag, 12 Februarie 2019

LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

Maandag, 11 Februarie 2019

Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Sondag, 10 Februarie 2019

Here, voor U is al my begeertes,
en my gesug is vir U nie verborge nie.

Saterdag, 09 Februarie 2019

Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Vrydag, 08 Februarie 2019

Handelinge 2:21En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Donderdag, 07 Februarie 2019

Spreuke 4:7Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid
en verwerf insig deur al wat jy besit.

Woensdag, 06 Februarie 2019

Filippense 2:3Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Dinsdag, 05 Februarie 2019

Galasiërs 6:9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Maandag, 04 Februarie 2019

Psalm 107:9Want Hy het die dorstige siel versadig
en die hongerige siel met die goeie vervul.

Sondag, 03 Februarie 2019

Deuteronomium 8:3En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.

Saterdag, 02 Februarie 2019

Filippense 2:14-16aDoen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.

Vrydag, 01 Februarie 2019

Psalm 62:3Hy alleen is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk