DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2019)

Sondag, 31 Maart 2019

Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

Saterdag, 30 Maart 2019

Psalm 127:1As die Here die huis nie bou nie,
tevergeefs werk die wat daaraan bou;
as die Here die stad nie bewaar nie,
tevergeefs waak die wagter.

Vrydag, 29 Maart 2019

Matteus 6:21Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Donderdag, 28 Maart 2019

Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

Woensdag, 27 Maart 2019

Spreuke 31:9Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Dinsdag, 26 Maart 2019

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Maandag, 25 Maart 2019

Matteus 6:3-4Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

Sondag, 24 Maart 2019

Psalm 34:15Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is;
soek die vrede en jaag dit na.

Saterdag, 23 Maart 2019

VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

Vrydag, 22 Maart 2019

Romeine 12:15Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

Donderdag, 21 Maart 2019

Psalm 145:3Die Here is groot en baie lofwaardig,
en sy grootheid is ondeurgrondelik.

Woensdag, 20 Maart 2019

Efesiërs 6:10EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

Dinsdag, 19 Maart 2019

Klaagliedere 3:22-23Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,
want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.

Maandag, 18 Maart 2019

Spreuke 22:6Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

Sondag, 17 Maart 2019

Romeine 8:35Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

Saterdag, 16 Maart 2019

1 Korintiërs 6:9-10Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

Vrydag, 15 Maart 2019

Psalm 124:8Ons hulp is in die Naam van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Donderdag, 14 Maart 2019

Romeine 10:9As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.

Woensdag, 13 Maart 2019

1 Korintiërs 1:10MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Dinsdag, 12 Maart 2019

Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

Maandag, 11 Maart 2019

STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

Sondag, 10 Maart 2019

Jesaja 40:31Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.

Saterdag, 09 Maart 2019

Psalm 73:25Wie het ek buiten U in die hemel?
Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

Vrydag, 08 Maart 2019

Lukas 6:27-28Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Donderdag, 07 Maart 2019

1 Johannes 3:4Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

Woensdag, 06 Maart 2019

Spreuke 25:28'n Afgebreekte stad sonder muur,
so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.

Dinsdag, 05 Maart 2019

Kolossense 3:2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Maandag, 04 Maart 2019

2 Kronieke 15:2bDie Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Sondag, 03 Maart 2019

God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Saterdag, 02 Maart 2019

Joël 2:12Maar selfs nou nog, spreek die Here,
bekeer julle tot My met julle hele hart,
en met vas en geween en rouklag.

Vrydag, 01 Maart 2019

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk