- EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
- Sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.
- Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
- En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
- Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.
- My seun, luister na wat ek sê,
neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart. - Ek het my gehaas, en nie getalm nie,
om u gebooie te onderhou. - Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
- Deur die Here word die gange van 'n man bevestig,
en Hy het 'n welbehae in sy weg. - Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.
- Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
- Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
- Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
- Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
- As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
- Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare.
- Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word. - En hou die gebooie van die Here jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.
- En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
- Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
- En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword.
- As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
- Julle moet die gebooie van die Here julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.
- Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
- Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.