DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Lewe (3/6)

  • Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
  • As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
  • Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
    want deur hulle het U my lewend gemaak.
  • En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
  • Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.
  • U sal my die pad van die lewe bekend maak;
    versadiging van vreugde is voor u aangesig,
    lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
  • Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
  • Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.
  • As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
  • Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.
  • Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
    maar die einde daarvan is weë van die dood.
  • Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
  • STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
  • Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
    maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
  • Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
  • Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
  • EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie.
  • Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
  • Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
  • Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
  • Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
  • En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
  • Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
  • Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
  • Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Kom, laat ons aanbid en neerbuk;
laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk