AfrikaansČeština
CzechDansk
DanishDeutsch
GermanEnglish
EnglishEspañol
SpanishFrançais
FrenchItaliano
ItalianMalagasy
MalagasyNederlands
DutchPolski
PolishPortuguês
PortugueseSesotho
Southern SothoSlovenský
SlovakSuomi
FinnishXhosa
XhosaZulu
ZuluΕλληνικά
GreekРусский
Russianاردو
Urduعربى
Arabicفارسی
Persianहिन्दी
Hindiবাংলা
Bengali繁體中文
Chinese (traditional)- En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
- Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
- Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe. - Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
- Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou. - Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon! - MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
- Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
- En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
- Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
- GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.
- Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
- Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
- Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
- U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad. - Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
- Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid. - Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. - Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. - Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf. - As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
- Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
sal die lewe, geregtigheid en eer vind. - Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.'n Oorsig van die 100 gewildste Bybelverse op DailyVerses.net.
Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra. Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.Volgende vers!Met beeld Help
my om die Woord van God te versprei:
Skenk