DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2021)

Dinsdag, 31 Augustus 2021

Jesaja 12:4En julle sal in dié dag sê:
Dank die Here, roep sy Naam aan,
maak sy dade onder die volke bekend,
verkondig dat sy Naam hoog is!

Maandag, 30 Augustus 2021

1 Korintiërs 15:3-4Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.

Sondag, 29 Augustus 2021

Genesis 1:27En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Saterdag, 28 Augustus 2021

Psalm 23:6Net goedheid en guns sal my volg
al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly
in lengte van dae.

Vrydag, 27 Augustus 2021

2 Petrus 3:8Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

Donderdag, 26 Augustus 2021

Galasiërs 2:20Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Woensdag, 25 Augustus 2021

Spreuke 18:12Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig,
maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Dinsdag, 24 Augustus 2021

Jakobus 1:27Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

Maandag, 23 Augustus 2021

Matteus 25:21En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

Sondag, 22 Augustus 2021

Psalm 67:8God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Saterdag, 21 Augustus 2021

Galasiërs 6:1BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

Vrydag, 20 Augustus 2021

Romeine 10:17Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Donderdag, 19 Augustus 2021

Jesaja 33:22Want die Here is ons Regter,
die Here is ons Aanvoerder,
die Here is ons Koning:
Hý sal ons verlos.

Woensdag, 18 Augustus 2021

Johannes 20:29Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

Dinsdag, 17 Augustus 2021

Efesiërs 2:8-9Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Maandag, 16 Augustus 2021

Spreuke 15:23'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
en hoe goed is 'n woord op sy tyd!

Sondag, 15 Augustus 2021

Markus 8:34EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Saterdag, 14 Augustus 2021

Romeine 1:20Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.

Vrydag, 13 Augustus 2021

Psalm 34:15Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is;
soek die vrede en jaag dit na.

Donderdag, 12 Augustus 2021

Johannes 15:5Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Woensdag, 11 Augustus 2021

Hebreërs 13:1-2DIE broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

Dinsdag, 10 Augustus 2021

Spreuke 11:9Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered.

Maandag, 09 Augustus 2021

Job 6:14VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

Sondag, 08 Augustus 2021

2 Korintiërs 9:6Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.

Saterdag, 07 Augustus 2021

Psalm 34:16Die oë van die Here is op die regverdiges,
en sy ore tot hulle hulpgeroep.

Vrydag, 06 Augustus 2021

Jakobus 1:17Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

Donderdag, 05 Augustus 2021

Matteus 19:26Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

Woensdag, 04 Augustus 2021

Spreuke 27:12As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom;
maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.

Dinsdag, 03 Augustus 2021

Romeine 13:10Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

Maandag, 02 Augustus 2021

Matteus 7:15Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Sondag, 01 Augustus 2021

Psalm 33:5Hy het geregtigheid en reg lief;
die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk