DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2021)

Sondag, 31 Januarie 2021

Spreuke 21:26Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Saterdag, 30 Januarie 2021

Job 19:25MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

Vrydag, 29 Januarie 2021

Handelinge 4:11Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

Donderdag, 28 Januarie 2021

Psalm 37:3Vertrou op die Here, en doen wat goed is;
bewoon die aarde en beoefen getrouheid.

Woensdag, 27 Januarie 2021

1 Petrus 4:1OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.

Dinsdag, 26 Januarie 2021

1 Johannes 3:21-22Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Maandag, 25 Januarie 2021

Spreuke 14:12Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood.

Sondag, 24 Januarie 2021

1 Korintiërs 1:28-29En wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

Saterdag, 23 Januarie 2021

1 Johannes 1:5EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

Vrydag, 22 Januarie 2021

Psalm 143:6Ek brei my hande tot U uit;
my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

Donderdag, 21 Januarie 2021

Galasiërs 6:10Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.

Woensdag, 20 Januarie 2021

1 Johannes 5:5Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Dinsdag, 19 Januarie 2021

Psalm 42:12Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God!

Maandag, 18 Januarie 2021

Jesaja 40:29Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Sondag, 17 Januarie 2021

Filippense 4:23Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Saterdag, 16 Januarie 2021

Spreuke 16:24Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek:
soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.

Vrydag, 15 Januarie 2021

Amos 5:14Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie,
sodat julle kan lewe
en die Here, die God van die leërskare,
só met julle kan wees soos julle sê.

Donderdag, 14 Januarie 2021

Galasiërs 5:25As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Woensdag, 13 Januarie 2021

Psalm 103:12So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

Dinsdag, 12 Januarie 2021

Miga 6:8Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
en wat vra die Here van jou
anders as om reg te doen en liefde te betrag
en ootmoedig te wandel met jou God?

Maandag, 11 Januarie 2021

Handelinge 2:38En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Sondag, 10 Januarie 2021

Spreuke 16:20Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.

Saterdag, 09 Januarie 2021

1 Korintiërs 1:18Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

Vrydag, 08 Januarie 2021

Deuteronomium 30:16Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

Donderdag, 07 Januarie 2021

Psalm 31:20O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!

Woensdag, 06 Januarie 2021

Romeine 10:4Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

Dinsdag, 05 Januarie 2021

Matteus 7:21Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Maandag, 04 Januarie 2021

Miga 7:18Wie is 'n God soos U,
wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.

Sondag, 03 Januarie 2021

Romeine 8:18WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

Saterdag, 02 Januarie 2021

1 Petrus 5:10EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

Vrydag, 01 Januarie 2021

Spreuke 3:5-6Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

Bybelvers van die dag

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk