DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2020)

Donderdag, 31 Desember 2020

2 Korintiërs 5:17Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Woensdag, 30 Desember 2020

Johannes 8:31-32En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Dinsdag, 29 Desember 2020

Spreuke 16:3Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word.

Maandag, 28 Desember 2020

1 Johannes 1:6As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

Sondag, 27 Desember 2020

Markus 10:45Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Saterdag, 26 Desember 2020

Psalm 108:4Ek wil U loof onder die volke, o Here,
en psalmsing tot u eer, onder die nasies.

Vrydag, 25 Desember 2020

Lukas 2:11Dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

Donderdag, 24 Desember 2020

Matteus 1:21En sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Woensdag, 23 Desember 2020

Johannes 3:36Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Dinsdag, 22 Desember 2020

Psalm 119:11Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie.

Maandag, 21 Desember 2020

Handelinge 3:19Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.

Sondag, 20 Desember 2020

Jakobus 3:13WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

Saterdag, 19 Desember 2020

Psalm 29:11Die Here sal sy volk sterkte gee,
die Here sal sy volk seën met vrede.

Vrydag, 18 Desember 2020

Jakobus 2:17Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Donderdag, 17 Desember 2020

Markus 11:23Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.

Woensdag, 16 Desember 2020

Psalm 73:26Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid.

Dinsdag, 15 Desember 2020

Jesaja 65:1EK het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie;
Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie;
aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie,
het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

Maandag, 14 Desember 2020

Lukas 6:38Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Sondag, 13 Desember 2020

Prediker 3:1ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.

Saterdag, 12 Desember 2020

Johannes 6:57Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.

Vrydag, 11 Desember 2020

Johannes 6:51Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

Donderdag, 10 Desember 2020

Psalm 18:7Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.

Woensdag, 09 Desember 2020

Romeine 8:14Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Dinsdag, 08 Desember 2020

Jeremia 29:13En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Maandag, 07 Desember 2020

Psalm 121:1-2Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Sondag, 06 Desember 2020

Titus 2:14Wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Saterdag, 05 Desember 2020

Johannes 1:14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

Vrydag, 04 Desember 2020

Prediker 5:9Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

Donderdag, 03 Desember 2020

1 Korintiërs 3:18Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word.

Woensdag, 02 Desember 2020

Efesiërs 5:1WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders.

Dinsdag, 01 Desember 2020

Psalm 143:8Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.

Bybelvers van die dag

Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk