DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2020)

Maandag, 30 November 2020

Efesiërs 5:11-12En hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.

Sondag, 29 November 2020

Genesis 2:3En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Saterdag, 28 November 2020

Psalm 23:1-2Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Vrydag, 27 November 2020

Matteus 13:22En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

Donderdag, 26 November 2020

Jona 2:9Ek daarenteen sal aan U offer
met 'n stem van lof;
wat ek beloof het, sal ek betaal.
Die heil behoort aan die Here.

Woensdag, 25 November 2020

Spreuke 29:11'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar,
maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.

Dinsdag, 24 November 2020

Matteus 7:7Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Maandag, 23 November 2020

Filippense 4:19En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

Sondag, 22 November 2020

Psalm 42:9Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
en in die nag sal sy lied by my wees,
'n gebed tot die God van my lewe.

Saterdag, 21 November 2020

1 Korintiërs 15:57Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Vrydag, 20 November 2020

2 Korintiërs 10:3Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie.

Donderdag, 19 November 2020

Psalm 32:1Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Woensdag, 18 November 2020

Johannes 14:23Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Dinsdag, 17 November 2020

Jesaja 1:18Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

Maandag, 16 November 2020

Psalm 112:1HALLELUJA!
Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.

Sondag, 15 November 2020

1 Johannes 4:4Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

Saterdag, 14 November 2020

Romeine 6:15Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

Vrydag, 13 November 2020

Spreuke 11:2Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
maar by die beskeidenes is wysheid.

Donderdag, 12 November 2020

1 Johannes 4:1GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Woensdag, 11 November 2020

Lukas 12:2En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

Dinsdag, 10 November 2020

Psalm 105:1LOOF die Here, roep sy Naam aan,
maak onder die volke sy dade bekend.

Maandag, 09 November 2020

Romeine 8:1-2DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Sondag, 08 November 2020

1 Petrus 2:16As vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.

Saterdag, 07 November 2020

Psalm 19:8Die wet van die Here is volmaak:
dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis:
dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Vrydag, 06 November 2020

Matteus 18:21-22Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

Donderdag, 05 November 2020

Lukas 12:24Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

Woensdag, 04 November 2020

Spreuke 4:11In die weg van die wysheid onderrig ek jou,
ek laat jou die spore van opregtheid betree.

Dinsdag, 03 November 2020

Matteus 18:20Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Maandag, 02 November 2020

Handelinge 3:26God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Sondag, 01 November 2020

Psalm 119:10Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk