DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2020)

Saterdag, 31 Oktober 2020

Jakobus 3:2Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

Vrydag, 30 Oktober 2020

Kolossense 3:5Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is.

Donderdag, 29 Oktober 2020

Psalm 9:10So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte,
'n rotsvesting in tye van benoudheid.

Woensdag, 28 Oktober 2020

Lukas 10:27En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Dinsdag, 27 Oktober 2020

1 Johannes 2:16Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Maandag, 26 Oktober 2020

Spreuke 4:25Laat jou oë reguit kyk
en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

Sondag, 25 Oktober 2020

1 Petrus 5:8Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Saterdag, 24 Oktober 2020

1 Korintiërs 3:16Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

Vrydag, 23 Oktober 2020

Psalm 42:2Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
so smag my siel na U, o God!

Donderdag, 22 Oktober 2020

2 Korintiërs 5:21Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Woensdag, 21 Oktober 2020

Deuteronomium 28:1AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

Dinsdag, 20 Oktober 2020

Psalm 90:4Want duisend jaar is in u oë
soos die dag van gister as dit verbyskiet,
en soos 'n nagwaak.

Maandag, 19 Oktober 2020

Matteus 6:2Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

Sondag, 18 Oktober 2020

1 Korintiërs 12:12WANT net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

Saterdag, 17 Oktober 2020

Prediker 10:12Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam,
maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.

Vrydag, 16 Oktober 2020

Johannes 17:15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

Donderdag, 15 Oktober 2020

1 Timoteus 6:10Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Woensdag, 14 Oktober 2020

Psalm 139:1-2Here, U deurgrond en ken my.
U ken my sit en my opstaan;
U verstaan van ver my gedagte.

Dinsdag, 13 Oktober 2020

Openbaring 3:11Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

Maandag, 12 Oktober 2020

1 Konings 2:3En onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe.

Sondag, 11 Oktober 2020

Psalm 5:4In die môre, Here, sal U my stem hoor;
in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

Saterdag, 10 Oktober 2020

Lukas 12:22b-23Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

Vrydag, 09 Oktober 2020

Filippense 4:9En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

Donderdag, 08 Oktober 2020

Spreuke 10:12Haat verwek twiste,
maar liefde bedek al die oortredinge.

Woensdag, 07 Oktober 2020

Jesaja 41:13Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.

Dinsdag, 06 Oktober 2020

Lukas 17:3b-4En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.

Maandag, 05 Oktober 2020

Psalm 68:20Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil! Sela.

Sondag, 04 Oktober 2020

Romeine 14:5Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.

Saterdag, 03 Oktober 2020

3 Johannes 1:2Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.

Vrydag, 02 Oktober 2020

Spreuke 19:22Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid;
en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.

Donderdag, 01 Oktober 2020

Romeine 8:37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk