DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2024)

Woensdag, 31 Julie 2024

Deuteronomium 7:9Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.

Dinsdag, 30 Julie 2024

Jesaja 51:12Ek is dit wat julle troos!
Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe,
en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?

Maandag, 29 Julie 2024

2 Korintiërs 13:13Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Sondag, 28 Julie 2024

Matteus 19:18b-19Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Saterdag, 27 Julie 2024

Psalm 119:105U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.

Vrydag, 26 Julie 2024

2 Kronieke 30:9bWant die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.

Donderdag, 25 Julie 2024

Johannes 6:35En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Woensdag, 24 Julie 2024

Spreuke 3:7-8Wees nie wys in jou eie oë nie;
vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
dit sal genesing wees vir jou liggaam
en verkwikking vir jou gebeente.

Dinsdag, 23 Julie 2024

2 Korintiërs 8:12Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.

Maandag, 22 Julie 2024

1 Kronieke 29:14Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.

Sondag, 21 Julie 2024

Psalm 37:16-17'n Klein bietjie is vir die regverdige beter
as die rykdom van baie goddelose;
want die arms van die goddelose sal verbreek word,
maar die Here ondersteun die regverdiges.

Saterdag, 20 Julie 2024

Hebreërs 13:5Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Vrydag, 19 Julie 2024

Matteus 6:26Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Donderdag, 18 Julie 2024

Spreuke 1:7DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
sotte verag wysheid en tug.

Woensdag, 17 Julie 2024

Galasiërs 5:6Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

Dinsdag, 16 Julie 2024

Kolossense 3:15En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Maandag, 15 Julie 2024

Psalm 37:28Want die Here het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.

Sondag, 14 Julie 2024

Deuteronomium 5:29Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.

Saterdag, 13 Julie 2024

Jakobus 3:10Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Vrydag, 12 Julie 2024

Spreuke 31:9Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Donderdag, 11 Julie 2024

Lukas 11:28En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Woensdag, 10 Julie 2024

Filippense 4:13Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Dinsdag, 09 Julie 2024

Psalm 42:9Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
en in die nag sal sy lied by my wees,
'n gebed tot die God van my lewe.

Maandag, 08 Julie 2024

Kolossense 2:2Dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus.

Sondag, 07 Julie 2024

1 Korintiërs 13:13En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Saterdag, 06 Julie 2024

Spreuke 24:14Erken dat die wysheid só is vir jou siel;
as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms,
en jou hoop sal nie verydel word nie.

Vrydag, 05 Julie 2024

2 Korintiërs 5:7Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

Donderdag, 04 Julie 2024

Johannes 14:27Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Woensdag, 03 Julie 2024

Psalm 146:9Die Here behoed die vreemdelinge;
Hy rig wees en weduwee weer op;
maar die weg van die goddelose maak Hy krom.

Dinsdag, 02 Julie 2024

1 Johannes 4:11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Maandag, 01 Julie 2024

1 Tessalonisense 5:11Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Bybelvers van die dag

Sekerlik, Hy is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk