DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2024)

Sondag, 30 Junie 2024

Spreuke 18:2Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word.

Saterdag, 29 Junie 2024

Efesiërs 4:30En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Vrydag, 28 Junie 2024

Kolossense 3:16Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Donderdag, 27 Junie 2024

Psalm 112:6Want hy sal nooit wankel nie;
die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

Woensdag, 26 Junie 2024

Jakobus 1:3Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Dinsdag, 25 Junie 2024

Romeine 10:10Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Maandag, 24 Junie 2024

Spreuke 31:8Maak jou mond oop vir die stomme,
vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

Sondag, 23 Junie 2024

Markus 12:31En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.

Saterdag, 22 Junie 2024

Deuteronomium 6:4-5Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

Vrydag, 21 Junie 2024

Psalm 119:114U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek.

Donderdag, 20 Junie 2024

Matteus 24:42Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

Woensdag, 19 Junie 2024

Numeri 23:19God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Dinsdag, 18 Junie 2024

2 Petrus 3:9Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Maandag, 17 Junie 2024

Maleagi 3:17En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die Here van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.

Sondag, 16 Junie 2024

Efesiërs 1:3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.

Saterdag, 15 Junie 2024

1 Kronieke 29:11Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

Vrydag, 14 Junie 2024

2 Korintiërs 10:17-18Maar wie roem, moet in die Here roem. Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.

Donderdag, 13 Junie 2024

Psalm 108:6Verhef U bo die hemele, o God,
en u heerlikheid bo die hele aarde!

Woensdag, 12 Junie 2024

1 Petrus 5:6Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Dinsdag, 11 Junie 2024

2 Korintiërs 7:1TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Maandag, 10 Junie 2024

Spreuke 4:20-21My seun, luister na wat ek sê,
neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart.

Sondag, 09 Junie 2024

Joël 2:12Maar selfs nou nog, spreek die Here,
bekeer julle tot My met julle hele hart,
en met vas en geween en rouklag.

Saterdag, 08 Junie 2024

Matteus 4:17Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Vrydag, 07 Junie 2024

Psalm 19:9Die bevele van die Here is reg:
hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer:
dit verlig die oë.

Donderdag, 06 Junie 2024

Johannes 15:12Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Woensdag, 05 Junie 2024

Filippense 4:5Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Dinsdag, 04 Junie 2024

Spreuke 1:23Wend julle tot my teregwysing,
dan laat ek my gees vir julle uitstroom,
wil ek my woorde aan julle bekend maak.

Maandag, 03 Junie 2024

Galasiërs 5:22-23Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.

Sondag, 02 Junie 2024

2 Timoteus 1:7Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Saterdag, 01 Junie 2024

Psalm 68:7God laat die eensames woon in 'n huisgesin,
Hy lei die gevangenes uit in voorspoed;
maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.

Bybelvers van die dag

Maar laat die reg aanrol soos watergolwe,
en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
jou mure is gedurig voor My.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk