DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2024)

Saterdag, 18 Mei 2024

Johannes 16:8En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.

Vrydag, 17 Mei 2024

Miga 7:18Wie is 'n God soos U,
wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.

Donderdag, 16 Mei 2024

1 Johannes 1:9As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Woensdag, 15 Mei 2024

Markus 11:24Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Dinsdag, 14 Mei 2024

Psalm 18:7Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.

Maandag, 13 Mei 2024

Jeremia 29:12Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Sondag, 12 Mei 2024

Handelinge 1:14Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

Saterdag, 11 Mei 2024

Spreuke 10:28Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan.

Vrydag, 10 Mei 2024

Openbaring 1:7Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Donderdag, 09 Mei 2024

Handelinge 1:9En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Woensdag, 08 Mei 2024

Psalm 143:6Ek brei my hande tot U uit;
my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

Dinsdag, 07 Mei 2024

Jakobus 2:19Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

Maandag, 06 Mei 2024

Efesiërs 6:12Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Sondag, 05 Mei 2024

Spreuke 29:25Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Saterdag, 04 Mei 2024

Hebreërs 11:6En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Vrydag, 03 Mei 2024

Matteus 19:14Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Donderdag, 02 Mei 2024

Psalm 103:13Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Woensdag, 01 Mei 2024

Johannes 6:27Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.

Bybelvers van die dag

En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk