DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2024)

Dinsdag, 30 April 2024

Matteus 7:15Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Maandag, 29 April 2024

Spreuke 10:9Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

Sondag, 28 April 2024

Josua 1:9Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Saterdag, 27 April 2024

Handelinge 4:12En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Vrydag, 26 April 2024

Psalm 130:1-2Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Donderdag, 25 April 2024

Hebreërs 4:16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Woensdag, 24 April 2024

Kolossense 3:14En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Dinsdag, 23 April 2024

Spreuke 21:26Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Maandag, 22 April 2024

Matteus 6:21Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Sondag, 21 April 2024

Esegiël 18:32Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.

Saterdag, 20 April 2024

Psalm 115:1NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Vrydag, 19 April 2024

Romeine 12:10Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Donderdag, 18 April 2024

Jakobus 1:13Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Woensdag, 17 April 2024

Spreuke 8:13Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek.

Dinsdag, 16 April 2024

Romeine 6:1-2WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Maandag, 15 April 2024

Hebreërs 9:22En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Sondag, 14 April 2024

Psalm 27:3Al word 'n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan 'n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek.

Saterdag, 13 April 2024

1 Tessalonisense 5:24Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

Vrydag, 12 April 2024

2 Korintiërs 9:8En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Donderdag, 11 April 2024

Jesaja 33:22Want die Here is ons Regter,
die Here is ons Aanvoerder,
die Here is ons Koning:
Hý sal ons verlos.

Woensdag, 10 April 2024

2 Kronieke 15:2bDie Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Dinsdag, 09 April 2024

Deuteronomium 5:33In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Maandag, 08 April 2024

Psalm 107:9Want Hy het die dorstige siel versadig
en die hongerige siel met die goeie vervul.

Sondag, 07 April 2024

1 Korintiërs 10:31Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Saterdag, 06 April 2024

Johannes 12:26As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Vrydag, 05 April 2024

Spreuke 11:2Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
maar by die beskeidenes is wysheid.

Donderdag, 04 April 2024

Markus 8:34EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Woensdag, 03 April 2024

1 Timoteus 6:12Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

Dinsdag, 02 April 2024

Psalm 33:5Hy het geregtigheid en reg lief;
die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here.

Maandag, 01 April 2024

Openbaring 1:8Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Bybelvers van die dag

En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk