DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Oktober 2026

Woensdag, 21 Oktober 2026

Psalm 40:9Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen,
en u wet is binne-in my ingewande.

Dinsdag, 20 Oktober 2026

Romeine 13:10Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

Maandag, 19 Oktober 2026

Johannes 14:21Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Sondag, 18 Oktober 2026

Spreuke 16:3Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word.

Vrydag, 16 Oktober 2026

Galasiërs 6:9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Donderdag, 15 Oktober 2026

Psalm 119:14Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom.

Woensdag, 14 Oktober 2026

Levitikus 20:26En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

Dinsdag, 13 Oktober 2026

Johannes 4:14Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Maandag, 12 Oktober 2026

1 Korintiërs 3:9WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

Sondag, 11 Oktober 2026

Sagaria 14:9En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.

Saterdag, 10 Oktober 2026

Hebreërs 13:8Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Vrydag, 09 Oktober 2026

Psalm 62:13En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid;
want U vergeld elkeen na sy werk.

Donderdag, 08 Oktober 2026

Galasiërs 5:14Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Woensdag, 07 Oktober 2026

Romeine 8:35Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

Dinsdag, 06 Oktober 2026

Spreuke 13:12'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.

Maandag, 05 Oktober 2026

1 Johannes 3:24En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het.

Sondag, 04 Oktober 2026

Romeine 13:14Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Saterdag, 03 Oktober 2026

Psalm 119:36Neig my hart tot u getuienisse
en nie tot winsbejag nie.

Vrydag, 02 Oktober 2026

Jakobus 4:4Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.

Donderdag, 01 Oktober 2026

1 Korintiërs 1:10MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Bybelvers van die dag

Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen,
en u wet is binne-in my ingewande.

Willekeurig Bybelvers

DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk